Skoolwapen en Vlag
Ontwerper: Pieter Karel Fourie. Gedurende 1999 'n Graad 6-leerling aan die CVO Marmer. Sy ontwerp is in 'n kompetisie deur die destydse Opvoedingsraadaanvaar.
Simboliek: In die boonste helfte onder die naam van die Skool, 'n tweeledige aansig van die vrugte van die vallei, in hierdie geval druiwe en sitrus. Simbolies van die vrug wat die mens herkenbaar maak aan die Gees wat in hom heers. In die onderste helfte, die marmerrots. Die rots wat reinwit en ewig vasgeanker staan. Simbolies van die rein, onomstootlike karakter en mensestrewe van die mense wat hier dien en gedien word.
Admin:
Skoolreëls
Skooltye:
Maandag tot Donderdag: 07:00 – 13:30
Vrydae: 07:00 – 13:00
Algemene reëlings
Klasreëls
Skooltasse
Handeboeke
• Word jaarliks deur ouers bestel en betaal
• September / Oktober maand word skrywe aan ouers deurgegee met die packet kostes.
• Skrifte word deur die skool voorsien aan elke leerling.
Huiswerkboeke
Die skool voorsien jaarliks huiswerkboeke teen minimale koste. Leerlinge moet dus nie ander huiswerkboeke aankoop nie. Die gebruik van die voorgeskrewe huiswerk-boeke is verpligtend en leerlinge moet alle huiswerkopdragte en take daarin aanteken.
Selfone
• Selfone word in die oggend ingeee by die skoolkantoor en kan afgehaal word wanneer die skool uitkom.
• Indien ‘n leerling sy/haar ouers dringend moet skakel tydens skoolure, kan dit deur die kantoor foon gedoen word.
Skoolterrein
Kleedkamers
Kleedkamers behoort die trots van elke leerling te wees. Leerlinge moet die kleedkamers te alle tye netjies en skoon laat nadat hulle dit gebruik het. Geen etery, hardloop, gly, speel of samedromming word in die kleedkamers toegelaat nie.
Optrede buite die skool
Buite die skool en na ure bly leerlinge ambassadeurs en verteenwoordigers van die skool. Waar ons ookal beweeg of wat ons ookal doen, moet ons optrede altyd korrek en volgens die gees van die skool wees. Vir CVO Marmer is net die beste goed genoeg!
Skooldrag
Wintersdrag:
Die korrekte wintersdrag is as volg:
• Maandae tot Vrydae - Marmersweetpakke met Marmer sportdrag onder die sweetpak
• Dinsdae - Oos-Transvaal sweetpak (as u kind een het) met ons Marmer sportdrag onder die sweetpak.
• Vrydae - Oos-Transvaal sweetpak met ‘n Oos-Tvl T-hemp bv. Hokkie/rugby/tennis of skaak hempie (as u kind een het).
• Onthou asseblief dogters trek wit skoolkouse by hul tekkies aan en seuns wit sportkouse.
• Dogters trek hul blou rompies onder hulle sweetpakke aan en seuns hulle blou rugbybroekies.
• Hare:
Seuns – mooi kort en netjies
Dogters – Vlootblou/Wit/Bruin rekkies Gewone vlootblou of wit linte Blou of silwer knippies
• Juwele (dogters): Oorbelle – slegs goud of silwer ringetjies of knoppies
Seëlringe – slegs goud of silwer
Somersdrag:
Die korrekte somersdrag is as volg:
• Maandae, Woensdae, Vrydae:
Seuns – Ligblou knopies hemp en Vlootblou skoolbroek.
(as hulle skoene wil dra, is dit swart skoolskoene met vlootblou kouse met 2 ligblou strepies – hierdie kouse is by “USA Stores” te koop langs Multronic)
Dogters – Skoolrokkie (as hulle skoene wil dra, swart skoolskoene met wit skoolkouse)
• Belangrik: Saam met die somersdrag word ‘n vlootblou trui gedra, as dit nog koud is.
• Dinsdae: Skool sportdrag (dra sweetpak as dit nog koud is) met wit kouse by die tekkies.
• Donderdae: Skool sportdrag of Provinsiale sportdrag (skool sweetpak of provinsiale sweetpak as dit nog koud is)
• Hare:
Seuns – mooi kort en netjies
Dogters – Vlootblou/Wit/Bruin rekkies Gewone vlootblou of wit linte Blou of silwer knippies
• Juwele (dogters): Oorbelle – slegs goud of silwer ringetjies of knoppies
Seëlringe – slegs goud of silwer
Skoollied
Marmer, rots so skoon, o rots wat ywer loon!
Deur die eeue heen tot beeld en bouers steen gebeitel en berei. (2x)
Koor
Kom maat kom groei hier stap vir stap tot beeld uit marmer
rots gekap. Al val jy ook, staan op, stap aan; bly rotsvas in jou baan. Marmer
is ons naam, want rotsvas staan ons saam. Laat ons werk en speel en groei en
kennis deel, karakter rotsvas bou.
Marmer, rots so mooi deur harde werk getooi!
Uit die ruwe rots kom eer en loon en trots vir elk om te aanskou. (2x)
Koor
Kom maat kom groei hier stap vir stap tot beeld uit marmer
rots gekap. Al val jy ook, staan op, stap aan; bly rotsvas in jou baan. Marmer
is ons naam, want rotsvas staan ons saam. Laat ons werk en speel en groei en
kennis deel, karakter rotsvas bou.
Lirieke: Anton van den Heever, 'n boer in die omgewing.
CVO MARMER ©