CVO-Marmer aangewys as Die BCVO Skool van die jaar vir 2012!

 

Die kriteria wat deur BCVO gebruik word vir die toeken van hierdie eerbewys sluit onder andere in deurlopende buitengewone akademiese prestasie, sport-en kultuurdeelname van hoogstaande gehalte, besondere bedrewenheid en beheer met skooladministrasie, deurlopende onderrigvernuwing en didaktiese vooruitgang en die algemene gesindheid van die skoolgemeenskap teenoor onderrig van hoogstaande gehalte.

 

Hierdie toekenning is volgens die Hoof Uitvoerende Beampte van BCVO, Mev. Lucia van Wyk,’n besondere prestasie, as in ag geneem word dat alle CVO-Skole in Suid-Afrika outomaties deur die BCVO Hoofkantoor beoordeel word op grond van hul algemene funksionering binne die gestelde kriteria. Volgens Mev. Van Wyk word CVO Marmer dus met hierdie eerbewys erken as ’n onafhanklike skool met werklik gevestigde Christelike onderrigwaardes, tegnologiese vooruitgang op didaktiese gebied en gewaarborgde kwaliteit onderrig aan sy leerlinge.

 

Die wonder van die CVO Laerskool Marmer word beter omskryf in sy anders-heid. Vanaf die besonderse kinderbeeld, die sonderlinge onderwysersonderrig-ingesteldheid en die uitnemende ouerlike behoudendheid spreek alles wat in hierdie skool gebeur van finesse en gehalte. Ons andersheid en uitgesonderdheid vind veral beslag in die feit dat dit 'n "in watte toegedraaide " skoolgemeenskap is vir die God van hemel en aarde. Met ander woorde, geheilig vir Christus.

 

U kind word onderrig en opgevoed deur toegewyde, bekwame en gekwalifiseerde onderwysers binne die deurtrapte en beproefde opvoedingsrealm van die gereformeerde leer met leer-en-lesinhoude saamgestel vanuit dieselfde werklikheid.

 

Prestasies op sport, akademiese en kultuurgebiede word nie nagejaag tot op 'n punt waar dit letsels op 'n kind of op die onderlinge rolspelersverhoudinge laat nie. Uitnemendheid in die werk wat gelewer word is egter 'n lewensbeskouing wat algaande aangekweek word in ons opvoedingsbenadering vanuit 'n perspektief van "die eer behoort aan die Here".

 

Geluk aan elke ouer wat reeds die besluit geneem het om u kind by ons in te skryf. Die keuring en ontvangs van ouers is 'n belangrike uitgangspunt van ons toelatingsbeleid. Welkom aan gesinne wat graag deel wil word van die CVO Marmer. Ons verseker u van ons toewyding in 'n lang en betekenisvolle verbintenis in verantwoordbare onderrig.

 

CVO Marmer is trots op dit wat sy eie is: sy akademiese standaarde, tradisies, geskiedenis, ouers, onderwysers en leerlinge. Dit is ons strewe om dit te beskerm en ons leuse "Rotsvas" in ons handelswyse te vergestalt.

 

Elke leerling moet daarna streef om:

  • te alle tye eerlik, getrou, opreg, hulpvaardig, nederig en vriendelik te wees;
  • Christelike beginsels te handhaaf en daadwerklik op alle terreine uit te leef;
  • trots te wees op sy Afrikanerkultuur en Volkseie tradisies.

 

Die doel van die Skool is om verbondsouers te help in hulle verantwoordelikheid om hulle kinders in die gereformeerde leer op te voed, soos by hulle doop belowe is.

 

Ons wil ons kinders sodanig opvoed dat hulle:

  • God dien.
  • Geskik en bereid is om al die gawes wat hulle ontvang het tot God se eer, tot heil van hulle medemens en tot uitvoering van God se kultuuropdrag binne alle lewensverbande waarin God hulle plaas, te gebruik.
  • 'n Liefde ontwikkel vir Afrikaans en vir ons eie kultuur.
  • Wetenskap op hoë standaard in die lig van die Woord van God kan beoefen.

 

Die skool funksioneer in samewerking met 70 skole wat landswyd by BCVO ingeskakel is. Dit verseker kontinuïteit en 'n gemeenskaplike standaard.

 

Aan God al die eer

ROTSVAS!

Die Missie van die skool

  • Om by elke leerling deur die onderrig van die verskillende vakke die grootheid en almag van God tuis te bring.
  • Om aan elke leerling die geleentheid te gee om sy/haar volle potensiaal te ontsluit en maksimaal te ontwikkel.
  • Om by elke leerling die nodige trots en respek vir sy/haar volk en die se geskiedenis, kultuur en taal te kweek.
  • Om elke leerling geestelik, emosioneel, verstandelik en liggaamlik so te ontwikkel en toe te rus dat hy/sy, hulle plek in die grootmens wêreld met sukses en onderskeiding kan volstaan.

 

Visie

  • Die prinsipieel verantwoordbare en volhoubare onderrig van gehalte aan die kinders van ons "eienaar-kliënte" teen die dekor van ons besonderse Afrikaner kultuur-engodsdiensbelewing.
  • Deur Umaluzi geakkrediteer tot volle kandidaatskap i.t.v. kwaliteit en gehalteonderrigpraktyke.
  • Alhoewel ons telkens in die verlede die onderwys modelle nougeset geïmplementeer het nl:
  • Eers Kurrikulum 2005, toe Uitkoms Gebaseerde Onderwys (UGO) en nou die Hersiene Nasionale Kurrikulum (HNK), het ons nooit afgewyk van die beproefde eertydse selfwerksaamheid-model waar 'n kind tyd en moeite voor sy eie boeke spandeer nie. Bogenoemde modelle is telkens as onsuksesvol bewys, maar met selfwerksaamheid is die kind se resultate die produk van sy eie vermoë en toewyding. Hiervan sal ons nooit afwyk nie en pas ons dit parallel toe met die owerheid voorskriftelike model van die dag.
  • Die ouergemeenskap is toegewyde, vermoënde mense van karakter en integriteit en is dit enige skoolhoof se droom om saam met sulke positiewe mense van gehalte te werk!
  • CVO Marmer bedien tans ouderdomme vanaf 3 maande tot Graad R in die goed toegeruste en veilige kleuterskool met Graad 1 tot Graad 7 in die laerskool.
  • Ons siening is dat sport in hoofsaak 'n instrument is tot mensverbetering om 'n gesonde gees te huisves en nie die spil waarom 'n hele samelewing draai nie en aan blootstelling skort daar niks in die BCVO geledere nie.
  • Letterlik alle fasette van die kunste, skoner kunste en musiek word aangespreek in ons jaarlikse kultuurprogram.

 

 

 

Waardes

  • Christelike Gereformeerde Onderwys
  • Afrikaner skoolkarakter
  • Kwaliteit onderrig
  • Dissipline en respek
  • Koste-effektiewe onderwys

 

Eienskappe:

  • Baba-klas tot Gr 7
  • Vakonderwys Gr 4 – 7
  • Innoverende didaktiese bestuur
  • Vernuwende onderrigmetodes
  • Verrykende buitemuurse benadering
  • Sentrum vir verbeterde leer

 

Wie is ons:

Kontak ons

Kontak Mérie Hattingh op kantoor

 

Assisstent: Maraai Van der Westhuizen op kantoor

 

Tel:

013 261 2477

 

Faks:

013 261 2837

086 219 1038

 

E-Pos:

marmer@lantic.net

 

Posadres:

Posbus 350

Marble Hall

0450

 

Skool Adres:

H/v Protea- en Bougainvilla Straat

Gedeelte H 206 C

Marble Hall

 

GPS Koördinate:

S 24° 57' 30.3"

O 29° 17' 18.9"

 

CVO MARMER ©