Kleuterskool:

HOOF: Mev. Allouise Burger

 

Ons streef daarna–

  • Om elke kind in ons skool na die wil van Jesus Christus die Seun van God op te lei en te ontwikkel in sy/haar gees, siel, liggaam en denke.
  • Om kinders te help en te lei om ten volle te ontwikkel en ‘n volwassene te word na God se hartsbegeerte.
  • Om elke kind die geleentheid en grondlegging te bied om eeeeeendag, te kan kies om die mees suksesvolste “grootmens” te wees.

 

Ons Missie:

  • Om kinders te help ontwikkel om GELUKKIG, selfstandig en leergierig wees.
  • Om die maksimum spasie en ontwikkelings geleenthede daar te stel vir elke kind.
  • Om die beste diens te lewer vir Ouers sowel as Maats.
  • Om die waarde van lewe vir elke kind te leer, sodat menswaardigheid en ‘n positiewe selfbeeld in die raamwerk van ‘n Christelike lewensbeskouing, optimaal  ontwikkel.

 

Meer Oor Ons

 

Ons bekwame onderwyseresse sien elke kleuter as uniek, en ontmoet elkeen op sy/haar individuele vlak van ontwikkeling.   Ons besef die belangrikheid van stimulasie, aandag en aanvaarding by kinders gedurende die eerste vormingsjare. Ons streef daarna om

gebalanseerde kinders met 'n goeie selfbeeld te vorm. Ons kweek ook 'n pligsbesef,  sowel as 'n sekere mate van verantwoordelikheid by hulle.  Eienskappe wat waardevol sal wees in die toekoms.

 

Ons kleuterskool veskaf versorging aan Afrikaanse kleuters vanaf 3 maande tot Gr0 met 'n beperkte aantal kinders per klas. Oop vanaf Maandag tot Vrydag vanaf 07h00 soggens tot 13h30, asook nasorg tot 17h00 saans.

 

Twee groot buitelug gras speelareas met swaaie, glyplanke, en ‘n sandput verskaf pret

vervulde aktiwiteite, terwyl opvoedkundige speelgoed binnemuurs stimulasie bewerkstellig.

Dit is ons doelwit om aan ouers gemoedsrus te gee terwyl hulle by die werk is.

 

Exito arbeidsterapie program :

 

Exito program word weekliks aangebiet vanaf baba tot Gr.0. Grof motories, fyn motories en pereseptuele

vaardighede word opgeskerp en ge evalueer. Dit verseker ook dat ons probleme vroeg kan identifiseer en hanteer.

 

 

 

 

CVO MARMER ©