Welkom by CVO Marmer!
Die wonder van die CVO Laerskool Marmer word beter omskryf in sy anders-heid. Vanaf die besonderse kinderbeeld, die sonderlinge onderwysersonderrig-ingesteldheid en die uitnemende ouerlike behoudendheid spreek alles wat in hierdie skool gebeur van finesse en gehalte. Ons andersheid en uitgesonderdheid vind veral beslag in die feit dat dit 'n "in watte toegedraaide " skoolgemeenskap is vir die God van hemel en aarde. Met ander woorde, geheilig vir Christus.
U kind word onderrig en opgevoed deur toegewyde, bekwame en gekwalifiseerde onderwysers binne die deurtrapte en beproefde opvoedingsrealm van die gereformeerde leer met leer-en-lesinhoude saamgestel vanuit dieselfde werklikheid.
Prestasies op sport, akademiese en kultuurgebiede word nie nagejaag tot op 'n punt waar dit letsels op 'n kind of op die onderlinge rolspelersverhoudinge laat nie. Uitnemendheid in die werk wat gelewer word is egter 'n lewensbeskouing wat algaande aangekweek word in ons opvoedingsbenadering vanuit 'n perspektief van "die eer behoort aan die Here".
Geluk aan elke ouer wat reeds die besluit geneem het om u kind by ons in te skryf. Die keuring en ontvangs van ouers is 'n belangrike uitgangspunt van ons toelatingsbeleid. Welkom aan gesinne wat graag deel wil word van die CVO Marmer. Ons verseker u van ons toewyding in 'n lang en betekenisvolle verbintenis in verantwoordbare onderrig.
Baie welkom!
Hoof: Christo van Straaten


Vir meer inligting oor 